π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Melkterte
Bestanddele
Metode
Korse: Sif die droΓ« bestanddele (koekmeel, versiersuiker, maizena en sout) saam in 'n mengbak.
Meng die droΓ« bestanddele met die gesmelte margerien tot 'n deeg vorm.
Voer die tertborde uit met die deeg en prik die bodem met 'n vurk.
Bak die korse slegs 'n paar minute in 'n warm stoof tot gaar. (Korse kan vir 'n paar dae gebΓͺre word.)
Vulsel: Verhit die melk in 'n kastrol op die stoof.
Klits die eiers en suiker saam in 'n aparte bak.
Voeg die koekmeel, maizena en sout by die eiermengsel en meng goed.
Gooi die helfte van die warm melk stadig by die eiermengsel terwyl jy gedurig roer.
Plaas die oorblywende helfte melk terug op die stoof en gooi die eiermengsel geleidelik by.
Roer aanhoudend tot die mengsel dik en gaar is.
Verwyder van die stoof en voeg die margerien en vanilla by. Roer in.
Gooi die vulsel in die gebakte korse en strooi gemaalde kaneel oor.