π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Outydse Melktert
Frans se verjaardag, 2006, 2 x diep tertborde gemaak uit die helfte van die resep. Baktyd 30 - 45 min.
Bestanddele
Metode
Smeerkors: Klits botter, suiker en eiers saam.
Sif die droΓ« bestanddele by en klits goed.
Smeer die bietjie deeg met die agterkant van 'n eetlepel in panne wat met Spray & Cook bespuit is.
Skakel oond aan op 180 Β°C.
Vulsel: Gebruik 'n groot dikwand aluminiumkastrol met 'n inhoudsmaat van 4β5 liter.
Skakel oondplaat aan en kook die 2 liter melk β hou dop.
Maak intussen in 'n mengbak 'n pasta van 8 eetlepels koekmeel, 2 gelyk eetlepels maizena, 'n knippie sout en 1 koppie melk.
Voeg die eiergele by en klits goed.
Gooi sowat 3 soplepelsvol kokende melk STADIG by die pasta terwyl laasgenoemde VINNIG geklop word met 'n draadklopper om te verhinder dat die eiers skif.
Gooi die mengsel terug in die kastrol by die kokende melk.
Roer deur en verwyder van die stoof.
Draai die stoofplaat 'n bietjie af.
Voeg 2Β½ koppie suiker en 2 teelepels vanilla by en roer.
Vou die styfgeklitste eierwitte versigtig by β moenie tΓ© deeglik inroer nie, want 'n effense eierwit bo-op die tert bak mooi goudbruin.
Plaas die kastrol terug op die plaat en prut 'n paar minute.
Roer gedurig met 'n houtlepel om aanbrand te voorkom.
Skep die vulsel versigtig in die rou kors β redelik dik maar nie tΓ© vol nie, anders kook dit oor in die oond.
Bak 1β1Β½ uur op die middelste rakkie tot goudbruin.
Strooi kaneel oor en sit dadelik klontjies botter op sodra die tert uit die oond kom.
Vir baie mense. Gebruik vlekvrye staal oondpan van 37 x 26 cm plus 2 tertborde of 5 groot, diep ronde tertborde.