Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Paella

Johlene

Bestanddele

1 pakkie
bevrore garnale, skoongemaak
1 pakkie
bevrore Marinara Mix
1 pakkie
bevrore mossels
2 blikkie
gerookte mossels
1
tamatie, geskil
1
soetrissie, repies gesny
1
ui, gekerf
crushed garlic na smaak
1 koppieβ‰ˆ 250 ml
rys
1 liter
hoenderaftreksel
borrie, sout en peper na smaak
suurlemoensap na smaak
margerien na smaak
kookolie na smaak

Metode

1

Plaas garnale en seekosmengsel in aparte bakke.

2

Gooi kookwater oor en laat staan 'n paar minute om te ontdooi.

3

Gooi in aparte vergiettesse en laat goed dreineer.

4

Verwyder tentakels van seekat, aangesien dit moeilik koubaar is.

5

Verhit 'n elektriese braaipan.

6

Sit 'n stukkie margerien en bietjie olie in (margerien alleen brand maklik swart).

7

Braai garnale 'n paar minute tot net gaar β€” moenie oorgaar maak nie, anders word dit taai.

8

Plaas terug in vergiettes om oortollige olie te dreineer.

9

Doen dieselfde met die seekosmengsel: braai 'n paar minute en dreineer daarna.

10

Braai in dieselfde pan die soetrissie, uie en knoffel tot gaar en sag.

11

Voeg rys, borrie, tamatie en hoenderaftreksel by.

12

Plaas deksel op en stoom tot die rys sag is.

13

Roer af en toe en pasop vir aanbrand.

14

Voeg kookwater by indien nodig.

15

Pak die bevrore mossels in 'n vlak bak.

16

Drup suurlemoensap oor, stip met margerien en crushed garlic na smaak.

17

Rooster (grill) vir 'n paar minute tot gaar.

18

Voeg garnale, seekosmengsel en geblikte mossels by die rys en roer effens deur.

19

Skep uit in 'n plat opdienbak, rangskik die geroosterde mossels bo-op en bedien dadelik met 'n slaai en lekker wyn.

✨ Tienie SΓͺ

6 persone.

Graderings
Gee 'n telling: