Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Pampoenkoekies

Bestanddele

1ΒΌ koppieβ‰ˆ 313 ml
gaar Hubbard of Butternut pampoen, nie waterig
1 koppieβ‰ˆ 250 ml
koekmeel
sout na smaak
2 teelepelβ‰ˆ 10 ml
bakpoeier
2
klein eiers of 1 groot
Β½ koppieβ‰ˆ 125 ml
suiker
2 eetlepelβ‰ˆ 30 ml
egte botter
1 koppieβ‰ˆ 250 ml
geelsuiker
200 ml
kookwater
1 koppieβ‰ˆ 250 ml
warm melk
2 teelepelβ‰ˆ 10 ml
vlapoeier
2 teelepelβ‰ˆ 10 ml
maizena
knippie knippieβ‰ˆ β‰ˆ 1 g
sout

Metode

1

Deeg: Meng al die deegbestanddele (pampoen, koekmeel, sout, bakpoeier, eiers en suiker) saam tot 'n gladde, sagte deeg.

2

Skep teelepelsvol deeg in warm, vlak olie in 'n pan. Stel die stoofplaat op 4.

3

Druk die koekies effens plat. Sodra borreltjies op die oppervlak vorm, draai om.

4

Bak tot gaar en dreineer op kombuispapier. (Let wel: olie raak maklik op en koekies brand dan onder.

5

'n Slapperige deeg is geneig om olie te trek.

6

Diep olie is ook geskik indien 'poffertjies' verkies word wat self omdraai β€” brand ook nie maklik vas nie.)

7

Sous: Smelt die botter in 'n kastrol en braai die geelsuiker daarin tot gesmelt en gekarameliseer.

8

Voeg die kookwater by en roer. Voeg dan die warm melk by en roer tot glad.

9

Meng die vlapoeier, maizena en sout met 'n bietjie koue water tot 'n gladde pasta en voeg by die gekarameliseerde mengsel.

10

Roer oor hitte tot die sous glad en dik is.

11

Verwyder die kombuispapier van die koekies en gooi die sous versigtig oor.

✨ Tienie SΓͺ

Kan vries tot later, sonder sous.

Graderings
Gee 'n telling: