🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Rum-en-Rosyne-Yskastert
Landbouweekblad 2-3-2001, Reneé Coetsee
Bestanddele
100 g
pitlose rosyne100 ml
kookwater500 ml
Ultramel room2
x 380 g blikke karamel kondensmelk4 ml
vanillageursel14 ml
rumgeursel2
x 200 g TennisbeskuitjiesMetode
1
Bedek rosyne met kookwater en laat staan totdat hulle goed geswel het.
2
Klop die Ultramel room tot redelik styf.
3
Klop lepelsvol karamel kondensmelk by die geklopte room in totdat alles goed gemeng is.
4
Voeg die vanillageursel en rumgeursel by en meng deur.
5
Dreineer die rosyne goed en roer dit met 'n houtlepel by die karamelroom in.
6
Pak 'n laag Tennisbeskuitjies in 'n groterige reghoekige of vierkantige tertbak.
7
Skep 'n laag vulsel oor die beskuitjies.
8
Herhaal die lae van beskuitjies en vulsel totdat alles opgebruik is.
9
Strooi beskuitjiekrummels oor die boonste laag.
10
Verkoel die tert in die yskas totdat dit ferm genoeg is om te sny en voor te sit.
Graderings
Gee 'n telling: