π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Semelbeskuit met Room Nr. 2
Elfie Swanepoel
Bestanddele
1 kgβ 1000 g
bruismeel (ongeveer 5 koppies)4 koppieβ 1 l
semels1
handvol sonneblomsaad (opsioneel)2 koppieβ 500 ml
Nutty Wheat2 koppieβ 500 ml
suiker1Β½ teelepelβ 8 ml
sout3 teelepelβ 15 ml
bakpoeier500 ml
room, vars of Ultramel250 g
margerien1 liter
melkMetode
1
Gooi al die droΓ« bestanddele (bruismeel, semels, Nutty Wheat, suiker, sout en bakpoeier) saam in 'n mengbak.
2
Voeg die room, melk en margerien by die droΓ« bestanddele.
3
Knie tot 'n hanteerbare, sagte deeg.
4
Druk die deeg eweredig in 'n blokkies-pan wat 78 beskuite lewer β gebruik 'n koekroller om dit gelyk te druk.
5
Bak by 140 Β°C vir ongeveer 45 minute. Pasop vir brand!
6
Alternatief sonder room: Smelt 500 g margerien saam met melk en voeg 3 eiers by die droΓ« bestanddele voor jy knie.
β¨ Tienie SΓͺ
My ondervinding met die resep is: liewer 2 k semels en 1 k Nutty Wheat - aldus Elfie.
Graderings
Gee 'n telling: