Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Semelklapperbeskuit

Miena
β˜…β˜…β˜…β˜…β˜…πŸž BeskuitπŸ”–Teken in om te stoor

Bestanddele

1 kgβ‰ˆ 1000 g
bruismeel
10 ml
bakpoeier
5 ml
sout
4 koppieβ‰ˆ 1 l
semels (bran)
125 ml
sultanas
125 ml
klapper
500 g
margerien, kamertemperatuur
500 ml
karringmelk
3
eiers
375 ml
suiker

Metode

1

Voorverhit die oond tot 170Β°C.

2

Smeer 2 rolkoekpanne van 30 x 40 cm.

3

Sif meel, bakpoeier en sout saam in 'n groot mengbak.

4

Voeg semels, klapper en sultanas by en meng goed.

5

Vryf die margerien in die droΓ« mengsel in. (Sagter margerien vryf makliker in en hou die deeg minder styf.)

6

Klits karringmelk, eiers en suiker saam tot goed gemeng.

7

Voeg die karringmelkmengsel by die semelmengsel en roer tot alles gemeng is.

8

Skep die deeg in die voorbereide panne en smeer gelyk met 'n spaan.

9

Doop die spaan elke keer in 'n bietjie water en sny die deeg in reghoeke van 3 cm x 6 cm.

10

Bak die beskuit 30–45 minute tot gaar.

11

Laat die beskuit effens in die panne afkoel en haal dit dan een vir een op draadrakke uit.

12

Breek die beskuit los deur dit met 'n vurk op die snymerke te steek.

13

Laat die beskuit uitdroog by 80Β°C tot droog en bros.

✨ Tienie SΓͺ

LET WEL: Bak 1 pan op 'n slag, anders rou. Bak op die boonste rakkie. Bevat suiker en melk. Smeer panne eerder met wit margerien, sommige geel margerien bevat baie water veral 'n sogenaamde 'Spread'! Beskuit brand vas. I.p.v. twee 'Swiss Roll'-panne, gebruik een blokkiespan van 35 x 50 cm. Gebruik boonste gedeelte net om blokkies beskuite af te druk en verwyder dan weer (bespuit eers met kleefwerende middel). Blokkie moenie op wees tydens bakproses nie.

Graderings
Gee 'n telling: