🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Sjokoladekoek (Nestlé)
Nestlé
Bestanddele
250 ml
koekmeel10 ml
bakpoeier1
knippie sout75 ml
Bournville kakao125 ml
warm water3
eiers, geskei80 ml
kookolie180 ml
suiker5 ml
vanieljegeurselversiersuiker na smaak
Metode
1
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
2
Meng kakao met warm water en laat afkoel.
3
Meng eiergele, kookolie, suiker, vanieljegeursel en sjokolademengsel saam.
4
Voeg droë bestanddele by en meng goed.
5
Klits eierwitte tot styf en vou liggies by.
6
Gooi uit in 'n gesmeerde ringvorm koekpan.
7
Bak teen 180 °C vir 30 - 35 minute.
8
Wanneer koel, strooi versiersuiker oor.
Graderings
Gee 'n telling: