π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Snoekbraai
Bestanddele
Metode
Laat die soutsnoek 'n ruk in water lΓͺ om te ontsoute.
Druk die snoek droog met 'n skoon doek of kombuispapier.
Bespuit die toeknyprooster met Spray & Cook en plaas die snoek velkant na onder in die rooster.
Smelt die margerien in die mikrogolf vir 1 minuut op Medium, of tot gesmelt (nie kook nie).
Verwyder die margerien en voeg crushed garlic, Aromat en vars suurlemoensap by.
Plaas die margerienmengsel in 'n nr. Β½ of kleiner swartpotjie eenkant op die rooster.
Smeer die mengsel gereeld met 'n kwassie oor die braaiende snoek.
Braai net 8 minute β moenie langer braai nie, anders word die snoek te droog.
Verseker dat die vel nie aan die rooster vassit nie.
1 Snoek genoeg vir 7 - 8 persone.