Lekker Eet
๐Ÿฅ—
Voorgeregte
๐Ÿž
Sop
๐Ÿ–
Vleis
๐ŸŸ
Vis
๐Ÿฅฆ
Groente
๐Ÿฐ
Soet
๐Ÿซ“
Bak
๐Ÿซ™
Preserves
๐Ÿ”ฅ
Braai
๐Ÿ’ก
Wenke
Lekker Eet
Geรฏnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
๐Ÿ Tuis๐Ÿ”Soekโค๏ธGunsteling๐Ÿ“My Resepte๐Ÿ›’Inkopielysie๐Ÿ“…Weekplanner
INHOUD
๐Ÿฅ—Voorgeregte & Happies๐ŸžSop & Brood๐Ÿ–Vleis & Pluimvee๐ŸŸVis & Seekos๐ŸฅฆGroente & Slaaie๐ŸฐSoet & Nagereg๐Ÿซ“Bak & Koeke๐Ÿซ™Preserves & Bottels๐Ÿ”ฅBraai & Grootmaat๐Ÿ’กWenke & Boererate
๐Ÿ“ Stuur Jou Resepโš™๏ธInstellings

๐Ÿ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Souskluitjies

Tienie (Uitgesoekte Resepte bl. 161)
โ˜…โ˜…โ˜…โ˜…โ˜…๐Ÿฎ Nageregte๐Ÿ”–Teken in om te stoor

Dis nooit 'n mislukking nie!

Bestanddele

8 eetlepelโ‰ˆ 120 ml
hoogvol koekmeel
3 teelepelโ‰ˆ 15 ml
gelykvol bakpoeier
knippie knippieโ‰ˆ โ‰ˆ 1 g
sout
4 eetlepelโ‰ˆ 60 ml
suiker
2 eetlepelโ‰ˆ 30 ml
margerien
2
eiers
100 ml
water
100 ml
melk

Metode

1

Sif meel, bakpoeier en sout saam. Voeg suiker by.

2

Vryf margerien in die meelmengsel.

3

Klits eiers, water en melk saam.

4

Maak aan tot 'n redelike slap deeg. (Die grootte van die eiers het nogal 'n invloed.)

5

Gebruik 'n groot kastrol met 'n deksel. Voeg 4 koppies kookwater en 'n knippie sout in.

6

Skep so 6 eetlepels deeg in die kookwater.

7

Sit die deksel op en kook oor medium hitte vir 15โ€“20 minute. Moenie intussen oopmaak nie!

8

Skep die kluitjies uit in 'n opdienbak saam met die sous.

9

Strooi kaneelsuiker oor en stip met botter.

10

Skep die orige deeg in weer 4 koppies vars kookwater met 'n knippie sout en herhaal die prosedure.

Graderings
Gee 'n telling: