๐ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Tipperary Poeding
Tannie Baby Pretorius
Bestanddele
1
eier5 eetlepelโ 75 ml
suiker1ยฝ koppieโ 375 ml
koekmeel1 teelepelโ 5 ml
bakpoeier1 teelepelโ 5 ml
koeksodaknippie knippieโ โ 1 g
sout3 teelepelโ 15 ml
asyn3 teelepelโ 15 ml
appelkooskonfyt1 koppieโ 250 ml
melkSous
5 eetlepelโ 75 ml
botter10 eetlepelโ 150 ml
suikerยฝ koppieโ 125 ml
kookwater1 koppieโ 250 ml
melk1 teelepelโ 5 ml
vanillaMetode
1
Klits die eier en suiker saam in 'n mengbak.
2
Roer die koekmeel, bakpoeier, koeksoda, sout, asyn en appelkooskonfyt by die eiermengsel โ meng goed.
3
Voeg die melk by en meng tot 'n gladde beslag.
4
Gooi die beslag in 'n gesmeerde bakbak en bak vir 1 uur in 'n matige oond (180 ยฐC).
5
Sous: Smelt 5 eetlepels botter in 'n kastrol en roer 10 eetlepels suiker by.
6
Voeg die kookwater, melk en vanilla by die bottersous en bring net tot kookpunt.
7
Gooi die kokende sous direk oor die poeding sodra dit uit die oond kom en sit voor met vlasous of room.
โจ Tienie Sรช
Sit voor met vlasous of room.
Graderings
Gee 'n telling: