Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Troukoek Willem & Riamie (Vrugteblokkies)

Troukoek wat gemaak is vir Willem en Riamie se troue. Drie glasblaaie van 50, 40 en 30 cm in deursnee is laat sny. Frans het drie staanders gemaak. Boonste koek = Β± 80 balletjies, middelste koek = Β± 110 balletjies, onderste koek = Β± 170 bal…

Bestanddele

200 g
rooi, geel en groen glanskersies, gesny
200 g
ongesoute kasjoe-neute, gekap
1 koppieβ‰ˆ 250 ml
gebleikte (golden) sultanas (125 g)
1 koppieβ‰ˆ 250 ml
pitlose rosyne (125 g)
125 g
pitlose dadels, gesny
1 koppieβ‰ˆ 250 ml
klapper (90 g)
400 g
Marie beskuitjies
2 blikkie
kondensmelk
1 koppieβ‰ˆ 250 ml
suiker
250 g
margerien
2 teelepelβ‰ˆ 10 ml
vanilla
400 g
wit baksjokolade (NestlΓ© Easy Melt)
400 g
bruin melksjokolade
versiersuiker na smaak

Metode

1

Hierdie enkel resep lewer 10 dosyn (Β±120) balletjies van 20 g elk. Berei die vrugte voor: kap die kersies, neute en dadels.

2

Rol die Marie beskuitjies met 'n koekroller in 'n metaal skinkbord tot krummels β€” nie te fyn nie, want dan is die koekies te solied en hard. Moenie in 'n Kenwood maal nie.

3

Meng al die vrugte saam in 'n bak.

4

Smelt saam in 'n groot swaarboom ysterpot ('Cookware') op stoofplaat 3 (medium): kondensmelk, suiker, margerien en vanilla. Roer aanhoudend met 'n houtlepel β€” die mengsel brand maklik vas.

5

Voeg eers die vrugtemengsel by en meng goed, voeg dan die Marie beskuitjiekrummels by en meng deur.

6

Vorm die balletjies: skep net genoeg mengsel uit om op een slag te hanteer; laat die res warm in die pot bly. Gebruik 'n elektroniese skaal en weeg elke balletjie op 20 gram. Werk vinnig vΓ³Γ³r die mengsel te koud word. Twee persone werk goed β€” een weeg en een vorm.

7

Rol elke balletjie effens in versiersuiker (dit verhoed dat dit aan die hande kleef en help dat die wit sjokolade beter dek). As die mengsel te koud word, verhit dit vir 20 sekondes op High in die mikrogolf.

8

Doop die balletjies in sjokolade: gebruik 'n diep glasbak. Breek die wit en bruin sjokolade apart in blokkies. Mikrogolf een bak op 'n slag vir 2 minute op medium (50% krag), herhaal 2–3 keer en roer na elke 2 minute. Moenie 'n deksel gebruik nie, anders vorm water.

9

Berei twee metaal skinkborde met waspapier voor. Dompel drie balletjies op 'n slag in die warm sjokolade. Steek 'n tandestokkie in elke balletjie om dit uit die sjokolade te verwyder. Hou dit 'n paar sekondes oor die bak om af te drup, en plaas dan op die waspapier β€” moenie die balletjies aan mekaar laat raak nie.

10

VΓ³Γ³r die sjokolade stol, plant die tandestokkies in 'n stuk polistireen om die balletjies regop te laat afkoel. Verhit die sjokolade weer op vir 1 minuut op Medium wanneer dit begin stol (nooit op 100% krag nie).

11

Wanneer die sjokolade gestol het, verwyder die tandestokkies versigtig met 'n draaibeweging. Beskadigde koekies kan weer in sjokolade gedoop word.

✨ Tienie SΓͺ

Neute kan vervang word met 100 g heel en 100 g Sprinkle Nuts, maar nie net Sprinkle Nuts alleen nie (tekstuur te fyn). Kan bietjie ekstra Marie krummels byvoeg as mengsel te klam is. Teveel versiersuiker laat balletjies hard word. Vries balletjies met sukses β€” gebruik plastiese houers met laagie waspapier op die bodem (nie kombuispapier nie, dit maak merkies). Sit vals bodems van gesnipperde sellofaan onder-in om balletjies hoΓ«r te pak. Maak vroegtydig polystereen voedselhouers bymekaar β€” 'n dik stuk onderstebo werk beter om tandestokkies in te druk.

Graderings
Gee 'n telling: