π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Vanmelewe se Koffiekoekies
Bestanddele
2 kgβ 2000 g
koekmeel7 ml
sout500 g
geelsuiker750 g
botter/margerien100 g
varkvet400 ml
goue stroop25 ml
koeksoda250 ml
baie sterk swart koffie12,5 ml
vanilla100 g
donker baksjokolade25 g
margerien2 ml
koffiepoeierMetode
1
Sif meel en sout in 'n groot skottel.
2
Voeg suiker by en meng goed.
3
Vryf margerien en varkvet in tot gemeng.
4
Meng stroop by die meelmengsel.
5
Maak koeksoda met 'n bietjie van die swart koffie aan en voeg dit saam met die res van die koffie by die meelmengsel.
6
Voeg vanilla by en vorm 'n deeg.
7
Laat deeg oornag in 'n plastiese sakkie rus.
8
Gebruik vleismeule en vorm koekies die lengte van 'n 100 g mosterdblikkie, ewe lank, met riffels bo-op.
9
Bak 10β12 minute by 200 Β°C tot goudbruin.
10
Laat goed afkoel.
11
Vulsel: Smelt donker baksjokolade, margerien en koffiepoeier saam en gebruik as vulsel.
Graderings
Gee 'n telling: