Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Vina en Meisie se Melktert

Kermiskos, M Crafford-Barnard p. 63 (bietjie aangepas)
β˜…β˜…β˜…β˜…β˜…πŸ₯§ TerteπŸ”–Teken in om te stoor

Bestanddele

Smeerkors (Anna Breytenbach)
6 eetlepelβ‰ˆ 90 ml
koekmeel
3 eetlepelβ‰ˆ 45 ml
botter
2 teelepelβ‰ˆ 10 ml
bakpoeier
Β½ teelepelβ‰ˆ 3 ml
sout
2
eiers
4 eetlepelβ‰ˆ 60 ml
suiker
Vulsel
4 liter
melk
125 g
botter
70 ml
koekmeel
70 ml
mielieblom
7,5 ml
bakpoeier
knippie knippieβ‰ˆ β‰ˆ 1 g
sout
Β± 200 ml melk
3
x 250 ml wit suiker
10
eiers, geskei
5 ml
vanillageursel

Metode

1

Smeerkors (Miena): Klits botter, suiker en eiers saam.

2

Sif die droΓ« bestanddele by en meng goed.

3

Smeer die kors met die agterkant van 'n lepel in 'n pan wat met Spray & Cook bespuit is. (Anna Breytenbach se metode: Meng alles goed en smeer in die pan.)

4

Vulsel: Sif die koekmeel, maizena, bakpoeier en sout saam en meng met die 200 ml koue melk tot 'n dun pasta.

5

Verhit die 4 liter melk in 'n groot swaarboomkastrol.

6

Voeg die botter by en laat die melk kook, terwyl jy voortdurend roer om aanbrand te voorkom.

7

Roer 'n bietjie van die kookmelk by die pastamengsel en meng goed.

8

Voeg hierdie mengsel dan terug by die kookmelk in die kastrol en roer deurentyd.

9

Voeg 2 van die 3 koppies suiker by en verhit weer tot kookpunt.

10

Roer deurentyd tot die mengsel begin verdik.

11

Verwyder van die stoof.

12

Klits die eierwitte tot skuimerig maar nie styf nie.

13

Klits die eiergele liggies en voeg die orige koppie suiker by die gele.

14

Roer 'n bietjie van die afgekoelde melkpap by die eiergele en roer die mengsel dan terug by die melkpap in die kastrol.

15

Voeg die vanillageursel by. Vou die geklitste eierwitte saggies in die lou papmengsel.

16

Gooi die vulsel in die rou smeerbare tertkors en strooi kaneelsuiker bo-oor.

17

Bak by 180Β°C op die middelste rakkie vir 1 tot 1Β½ uur.

18

Die tert sal nog dun en loperig lyk maar stol sodra dit in die yskas afgekoel het.

✨ Tienie SΓͺ

Genoeg vir my diep vlekvrye staal oondpan van 37 x 26 cm plus 'n groot tertbord.

Graderings
Gee 'n telling: