π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Vrugte-koelkaskoekies
Santie Henderson
Santie Henderson, st. 10 in 1993.
Bestanddele
115 g
botter100 g
bruinsuiker100 g
kersies, fyngesny75 g
rosyne, pitloos1
blik kondensmelk5 ml
vanielje2
pakke tennisbeskuitjiesMetode
1
Smelt botter en bruinsuiker saam in 'n groot kastrol.
2
Roer kondensmelk en vanielje by en haal van die stoof af.
3
Breek tennisbeskuitjies in stukkies.
4
Voeg die gebreekte beskuitjies, kersies en rosyne by die mengsel en meng goed.
5
Druk die mengsel in 'n gesmeerde bak vas.
6
Laat in die yskas afkoel totdat ferm.
7
Sny in blokkies. Bewaar in die yskas of vries.
Graderings
Gee 'n telling: