Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Wildspastei

Marie Smith, Groot Marico - 2009

Bestanddele

5 kgβ‰ˆ 5000 g
wildsbenevleis (blad, skenkel of nek)
2 koppieβ‰ˆ 500 ml
vrugteblatjang (appelkoos, perske ens.)
1 koppieβ‰ˆ 250 ml
sojasous
Β½ koppieβ‰ˆ 125 ml
suurlemoensap
Β½ koppieβ‰ˆ 125 ml
heuning
skil van 2 suurlemoene, gerasper
1 teelepelβ‰ˆ 5 ml
fyn koljander
1 teelepelβ‰ˆ 5 ml
naeltjies
1 teelepelβ‰ˆ 5 ml
swartpeper
3
uie
5
gekapte knoffelhuisies
olie
Β½ bottel
rooiwyn
400 ml
beesvleisaftreksel
1 koppieβ‰ˆ 250 ml
van die marinademengsel
sout na smaak
3–4 geelwortels, in ringe gesny
4
aartappels, in blokkies gesny
pasteideeg (gekoopte blaardeeg of broskorsdeeg)

Metode

1

Marineer 5 kg wildsbenevleis oornag in 'n marinade van blatjang, sojasous, suurlemoensap, heuning, suurlemoenskil, koljander, naeltjies en swartpeper.

2

Braai 3 uie en 5 gekapte knoffelhuisies liggies in olie. Skep uit en hou eenkant.

3

Stroop die meeste van die marinade van die vleis af en braai vinnig aan beide kante in dieselfde olie.

4

Braai klein hoeveelhede vleis op 'n slag sodat dit nie waterig word nie.

5

Pak die vleis in 'n swaarboom oondskottel ('n ysterpot werk goed) afwisselend met die uie en knoffel.

6

Meng Β½ bottel rooiwyn met 400 ml beesvleisaftreksel en 1 koppie van die marinademengsel en giet oor die vleis.

7

Voeg sout na smaak by.

8

Onthou die sojasous is effe sout.

9

Bedek die oondskottel.

10

Stowe die vleis tot dit van die bene afval (ongeveer 3–4 ure).

11

Vul die vloeistof elke uur aan indien nodig.

12

Skil en kook intussen die geelwortels en aartappels tot amper sag.

13

Verwyder die vleis van die bene af.

14

Verwyder ook enige onooglike senings en velletjies.

15

Sny die vleis op in eweredige stukkies en plaas terug in die pot met sous.

16

Voeg die wortels en aartappels by die vleis en roer goed deur. Stowe verder vir 20–30 minute.

17

Skep die vleis in twee pasteibakke en laat afkoel. (Op hierdie stadium kan die bakke gevries word vir latere gebruik.)

18

Bedek die vleis met pasteideeg van jou keuse. Gekoopte blaardeeg of broskorsdeeg werk goed.

19

Bak vir 20–30 minute in 'n warm oond van 200 Β°C.

✨ Tienie SΓͺ

Dit kan op hierdie stadium in die bakke gevries word vir latere gebruik.

Graderings
Gee 'n telling: